OORSAKE VAN WANPERSEPSIES
Net soos apartheid skade aan die swartmense aangerig het, so het dit ook die langtermyn ontwikkeling van die wit bevolking benadeel. Dit was veels te maklik om werk te kry - veral in die staatsdiens. Nie alle Afrikaners het moeite gedoen om hulself te ontwikkel, of om hulle kinders te motiver om verder te ontwikkel nie. Ek onthou nog hoe diegene buite die staatsdiens mettertyd begin neerkyk het op staatsamptenare as ‘n laer klas laegeskooldes wat nie abstrak kan dink or logies redeneer nie. Hulle was gesien as eenvoudige mense. (In die negatiewe lig gesien.)
Behalwe vir die gebrek in verstandelike ontwikkeling wat dit veroorsaak het, het dit baie wittes ook afhanklik van die staat gemaak en ‘n sin van geregtigtelikheid het ontwikkel. Hulle het dit as hulle reg gesien om werk in die staatsdiens te kry. Dieselfde argument is geldig byvoorbeel vir vorige Spoorweg- en Poskantoorwerkers en myners.
Natuurlik na 1994 het wittes al hierdie “regte” verloor en baie vd die werkers se lewens het in duie gestort na afdanking. Vandag sien ons dagliks van hierdie mense wat bitter min kan doen behalwe om ‘n nuwe organisasie te soek wat na hulle gaan omsien en vir hulle veg. Groot organisasies het ontwikkel wat nou veg vir Afrkaners - in pleks daarvan die individu self op sy voete staan.
Ons by A2B, help diegene wat werklik geen ander uitweg het nie, maar ons vind dat daar net so baie mense is wat nog steeds die “ons is geregtig” hoed dra en niks vir hulle self wil doen nie.
REGTE VS VOORREGTE
Kom ons kyk na die verskil tussen regte en voorregte. Maar voordat ek by regte en voorregte kom, kom ons kyk net gou na die mensdom se verksillende behoeftes. Ons behoeftes lê opmekaar gestapel soos ‘n piramiede met die punt na bo.

- Op die heel onderste en grootstse vlak is fisiologiese behoeftes waarsonder ons nie kan oorleef nie, soos bv kos en water en suurstof.
- Die volgende is die veiligheidsvlak wat bestaan uit fisies veiligheid, veiligheid van huis en haard, werk, inkomste, gesondheid en besittings.
- Die derde vlak is behoeftes aan liefde, seksuele omgang en vriendskap.
- Op vlak 4 is aansien, waardering, vertroue en respek.
- Die heel boonste selfaktualiseeringsvlak is moraliteit, skeppende werk, spontaniteit, probleem oplossing, geen vooroordele nie en die aanvaarding van feite.
Die behoeftes wat kan kwalifiseer as wetlike regte is die onderste twee vlakke (#1 & 2). As belastingbetalende burger van ‘n land, is dit die regering se plig om te verskeer dat dit aan jou strukture vir kos (landbou en vervaardiging), vars water, stadstrukture wat behuising ondersteun. Die regering moet vir jou infrasturkture daarstel vir vervoer, kommunikasie, markte, en ‘n weermag en polisiediens om die land van interne en eksterne gruwels te beskerm. Die middelste vlak (#3) is ‘n gemeesnkaps, sosiale en familie verantwoordelikehid teenoormekaar wat mens kan verwag. Die boonste twee vlakke (# 4 & 5) is uit-en-uit die verantwoordelikheid van die individu.
Baie van dit wat mense as hulle reg beskou, is eintlik die verantwoordelik van die groep of die individu, en nie van die staat. So byvoorbeeld kan ons kyk na die verskillende ouderdomme van mense en hoe verantwoorelikhede, voorregte en regte verskil.
Byvoorbeeld vir minderjariges is dit die ouers se verantwoordelik om te sorg vir vervoer, medies, kos, water, dak oor die kop, ens. Vir volwassenes lê baie van die verantwoordelikhede op die individu self. Daar is natuurlik uitsonderings as die persoon nog ‘n student in die ouerhuis is. Maar hulle is daarna self verantwooredlik vir huis en haard, kennis, reputasie, ens. In hierdie groep van volwassenes, is die regering slegs verantwoorelik vir verskaffing van infrastrukte bv vir openbare vervoer, en veiligheid en staats hospitale/klinieke. Die groep waar die regering of organisasies die meeste veartwoordelikhede dra is vir diegene wat wees gelaat word deur hulle ouers, of diegne wat nie die fisiese, verstandelike of emosionele vermoë besit om na hulle self om te sien nie.
As mens hierna kyk, kan mens sien hoe sinneloos dit is om te verwag dat die staat of organisasies alles moet voorsien wat normaalweg deur die ouers of die individue self voorsien moet word.
REGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE
Behalwe die bogenoemde, vereis internasionale wet die volgende menslike regte:
1. Reg tot lewe
2. Vryheid van marteling
3. Vryheid van slawerny
4. Reg tot ‘n billike verhoor
5. Vryheid van spraak
6. Vryheid van gedagtes, gewet en geloof
Afgesien van hierdie substantiewe regte, word daar vandag nog heelwat gedebateer oor die regte van toekomstige geslagte, seksueele orientasie en geslagsidentiteit, handel, water, reproduktiewe regte en informasie en kommunikasie tegnologie.
As mens kom by voorregte, is dit iets heeltemaal anders. Byvoorbeeld, as burger van ‘n demokratiese land het jy die voorreg om te stem vir wie jy wil. As gevolg van SA se omvattende konstitusie, het jy die voorreg om enige taal te praat, jou kind in enige skool te plaas waar jy dit kan bekostig, en om die openbare bibliotek te gebruik.
Saam met beide regte en voorregte kom verantwoordelikhede. Omdat jy die voorreg het om te stem vir wie jy wil, het jy die verantwoordelikheid om die demokratiese prosess van die land te ondersteun en om te gaan stem. Omdat jy enige taal van jou keuse kan praat, het jy die verantwoordelikheid om te verseker dat mense met wie jy kommunikeer verstaan wat jy sê. Omdat jy jou kind kan plaas waar jy wil, is dit jou verantwoordelikheid om skoolfondse te betaal en toe te sien dat jou kind skool toegaan. As jy biblioteek boeke uitneem, is dit jou verantwoordelikheid om dit op te pas en terug te besorg op die keerdatum.
ONTWIKKEL OF WEES VIR EWIG AFHANKLIK
Mens se regte en voorregte gee mens die vermoë om te reageer tot voordeel van jouself, en tot voordeel van diegene wat jou die regte en voorrege bied. Volgens die A2B model is daar drie vlakke van ontwikkeling van ‘n kind se reaksievermoë voordat hy op n vlak is wat bedrewe vermoë kan ontketen. A2B se model gaan nog verder hiermee en wys hoe n mens se reaksievermoë nog twee stappe hoër as net “bedrewe” kan ontwikkel. Dit kan kompeterend, en bydraend wees. Elke mens se brein het die hoër breinfunksie vermoë.
Maar ongelukkig is die lewe nie n ideale plek nie en ons maak almal foute. Ouers weet nie noodwendig almal hoe om hulle kinders se reaksievermoë van die binnekant af te ontwikkel nie. Hulle is heeltyd besig om kinders te probeer aanspoor om te reageer op n hoër verantwoordelike vlak, maar gebruik verkeerde tegnieke. Meeste van die tegnieke is natuurlik vervant aan straf of vergoedingsmaatreëls. Bv. “Jannie, ek gee jou daai lekker goed as jy jou speelgoed optel” of “Mama gaan jou piets as jy nie nou doen wat ek sê nie”
Hoe meer mens n kind, of net sowel n volwassene, straf of vergoeding van buite af gee, hoe meer hou ons hom in die eerste drie vlakke van onderontwikkelde reaksievermoë (of so te sê, ‘n onverantwoordelikheidsin). Ons doen nooit iemand n guns om iets namens hulle te doen nie. As mens aanhouded vir kinders, of volwassens iets doen, sê in effek vir hom dat hy self niks omtrent sy posisie kan doen nie, of dat hy onkebabel is en daarom moet ons alles vir hom doen. Elke keer as dit gebeur, vorm die persoon se brein ‘n assosiasie wat beklemtoon dat “ek kan nie” en die patroon word versterk in sy brein.
Wat ons wel moet doen is om “ek kan” oomblikke te versterk sodat ‘n nuwe denkpatroon kan onstaan. Sonder die “ek kan” oomblikke sal g’n kind of volwassene se reaksievermoë ontwikkel nie. Hulle sal afhanklik bly van eksterne prikkels soos Dr Frankenstein se monster, wat net opgewek kon word deur elektrise impulse deur sy liggaam te stuur. Die monster het wel gelewe maar kon slegs doen wat hy beveel was om te doen en soos ‘n breinlose zombie reageer op eksterne prikkels. Die kere wat die mal dokter se menslike skepping ‘hand uitruk’ en vir homself begin dink, word dit natuurlik as ‘n bedreiging gesien. (Mmmm, dit laat mens darem dink nê? Daar is sekere liggaame of partye wat ‘n dom, afhanklike bevolking verkies, want dan sal die afhanklike ‘gepeupel’ vir hulle stem, nes die destyde NP en vandag se ANC.)
MOENIE ANDER SE FOUTE HERHAAL NIE
So my punt is dat daar definitief regte is vir minderjariges wat hulle ouers se verantwoordelikheid is, en regte wat die regering s’n is. Behalwe hiervoor, is alles wat mens moet hê of bereik in ‘n vervolmaakte lewe, die veranwoordelikhied van die individu. Dus, die massas se volisie was eerstens onderdruk deur die ou regering en vandag word dit verder onderdruk deurdat die arbeidsmag en menslike hulpbronne se volisie nie ontwikkel word nie. Sodoende hou die huidige regering en ouers maar vol met beskadigende metodes en massas mense sit vasgeval in ‘n put dryfsand. Nie die staat of ouers, korporatiewe, akademiese or siviele organisasies is bewus van die skade wat hulle aanrig nie.
So is dit net so onsinnig om vir ‘n ontnemeemde mens wat in dryfsand vasgeval is, te sê dat hulle hulself moet reg ruk en verantwwordelik optree. Die regte ding om te doen, is om die persoon stap vir stap te wys waar hy lê, hoekom hy daar is en wat verduidelik, ‘n klein treëtjie op ‘n slag, hoe om daaruit te kom.
Maar, net so ‘n groot fout word begaan as ons aan hierdie vasgevalde mense bly basiese benodighede gee sonder om hulle te ontwikkel. ‘n Voorbeeld hiervan is die kindertoelaag - maak maar meer kinders, al kan jy nie vir hulle sorg nie! Natuurlik is dit net so sinneloos om student op te sweep om te veg vir hulle regte, sonder om hulle op te voed in hulle voorregte en verantwoordelikhede.
Die A2B program het deur 19 jaar se toetsprogramme en ervarings geleer hoe om kinders en volwassenes se reaksievermoë te ontwikkel. Ons het almal die regte stimulasie nodig om ‘n aktiewe, bydraende rol in ons oimgewing en die gemeenskap te speel.

No comments:
Post a Comment