Tuesday 22 May 2012

Regte vs Voorregte

OORSAKE VAN WANPERSEPSIES

Net soos apartheid skade aan die swartmense aangerig het, so het dit ook die langtermyn ontwikkeling van die wit bevolking benadeel. Dit was veels te maklik om werk te kry - veral in die staatsdiens. Nie alle Afrikaners het moeite gedoen om hulself te ontwikkel, of om hulle kinders te motiver om verder te ontwikkel nie. Ek onthou nog hoe diegene buite die staatsdiens mettertyd begin neerkyk het op staatsamptenare as ‘n laer klas laegeskooldes wat nie abstrak kan dink or logies redeneer nie. Hulle was gesien as eenvoudige mense. (In die negatiewe lig gesien.)

Behalwe vir die gebrek in verstandelike ontwikkeling wat dit veroorsaak het, het dit baie wittes ook afhanklik van die staat gemaak en ‘n sin van geregtigtelikheid het ontwikkel. Hulle het dit as hulle reg gesien om werk in die staatsdiens te kry. Dieselfde argument is geldig byvoorbeel vir vorige Spoorweg- en Poskantoorwerkers en myners.

Natuurlik na 1994 het wittes al hierdie “regte” verloor en baie vd die werkers se lewens het in duie gestort na afdanking. Vandag sien ons dagliks van hierdie mense wat bitter min kan doen behalwe  om ‘n nuwe organisasie te soek wat na hulle gaan omsien en vir hulle veg. Groot organisasies het ontwikkel wat nou veg vir Afrkaners - in pleks daarvan  die individu self op sy voete staan.


Saturday 19 May 2012

Welkom

Welkom op ons nuwe Afrikaanse blog. Ons gaan die artikles op ons Engelse blog vertaal. Totdat ons daarby kan uit kom besoek asb die Engelse blog by http://a2btransformationmovement.blogspot.com/

Olifante en Wit Olifante: Werkskeppingsprojekte


Beide olifante en Wit olifante (geboue) is volop in Afrika... en beide is honger!!

‘n Olifant eet gemiddeld 1 ton per maand. Só druk die indrukwekkende dier plantmateriaal in sy groot gapende keelgat met sy massiewe slurp waarna dit vlugtig verdwyn in sy diep donker verteringskanaal...  Die proses word vinnig herhaal as nog ʼn slurp vol opgeraap en ingesluk word.

As mens in die wildtuin olifante dophou en sien hoe hulle alles in die onmiddellike omgewing opraap en verslind, dan kan jy nie help om met kommer te wonder of daar oor 10 jaar nog kos vir hulle wees om te eet nie...

Die weegskaal voel ongebalanseerd... Dit voel of die olifant se verbruikstempo die plante se vermoë om te vermeerder oorskry. 

Gelukkig vir die olifantspesie, bly hulle op die kontinent Afrika – met lande vol vrugbare grond en ruie bosvelde... Lande waar hulle nie sommer sal honger lei nie.