OORSAKE VAN WANPERSEPSIES
Net soos apartheid skade aan die swartmense aangerig het, so het dit ook die langtermyn ontwikkeling van die wit bevolking benadeel. Dit was veels te maklik om werk te kry - veral in die staatsdiens. Nie alle Afrikaners het moeite gedoen om hulself te ontwikkel, of om hulle kinders te motiver om verder te ontwikkel nie. Ek onthou nog hoe diegene buite die staatsdiens mettertyd begin neerkyk het op staatsamptenare as ‘n laer klas laegeskooldes wat nie abstrak kan dink or logies redeneer nie. Hulle was gesien as eenvoudige mense. (In die negatiewe lig gesien.)
Behalwe vir die gebrek in verstandelike ontwikkeling wat dit veroorsaak het, het dit baie wittes ook afhanklik van die staat gemaak en ‘n sin van geregtigtelikheid het ontwikkel. Hulle het dit as hulle reg gesien om werk in die staatsdiens te kry. Dieselfde argument is geldig byvoorbeel vir vorige Spoorweg- en Poskantoorwerkers en myners.
Natuurlik na 1994 het wittes al hierdie “regte” verloor en baie vd die werkers se lewens het in duie gestort na afdanking. Vandag sien ons dagliks van hierdie mense wat bitter min kan doen behalwe om ‘n nuwe organisasie te soek wat na hulle gaan omsien en vir hulle veg. Groot organisasies het ontwikkel wat nou veg vir Afrkaners - in pleks daarvan die individu self op sy voete staan.